My lewe het dramaties verander in 2004. Nooit het ek eers kon visualiseer wat vir my voorlê nie. In die proses het ek baie nader aan God beweeg en Hom intens in my nood beleef. Die ondersteuning wat ek van soveel mense ontvang het, het my op die gedagte gebring om my ervarings met hulle te deel. Vir my is dit beslis terapeuties om daaroor te praat. En daarvoor is ek hulle ewig dankbaar. Daarom is dit vir my belangrik gewees om in alle opsigte altyd heeltemal eerlik te wees, te wil lewe en nooit my humor prys te gee nie. Netso wou ek nie blom in selfbejammering nie. Hierdie is ook nie daarop gerig om aandag te trek of simpatie te soek nie, nee, dit is vir my belangrik dat die lig in alles op God sal skyn en dat selfs my siekte ‘n getuienis van Sy liefde vir my sal wees. Sien dit dan as ‘n pad van klippe kou met so hier en daar tog ‘n ent van sagte pad. Ek probeer net vertel wat gebeur soos dit is, want dit is soos ek dit ervaar, dit is my lewe die afgelope tyd. Frans Botes is gedurende 2009 oorlede....More >< Less