Show Bookstore Categories

Prediker - Lees, luister, leef

ByChris van Wyk

Die Prediker dink na oor die sin van die lewe. Hy sluit aan by die diep soeke in ons na meer, na beter, na die buitengewone. Ons soek daarna in besit, plesier, mag, avontuur, wysheid, kennis, selfs in dwaasheid. Die probleem hiermee sê die Prediker, is dat dit uiteindelik vrugteloos is. Dit kom tot niks. Dit is hebel – niks, nietigheid, ’n rookwalmpie, ’n miswolkie, ’n wasempie – ’n metafoor vir die wese van die menslike toestand. Die Prediker wil ons daarom herinner aan die werklikheid van God, die enigste Een wat regtig sin kan bring aan ons lewens "onder die son". Sy slotsom is dat wanneer die lewe as 'n gawe uit Sy hand geniet word, die lewe begin sin maak. Dan vind die begeerte na meer in God sy vervulling. Die vreugde van die reis self, en die genot van die oomblik as sodanig, is reeds die gawe van God, nie eers die blywende waarde of uiteindelike betekenis daarvan nie. Hierdie is die eerste boek in die reeks Lees, Luister, Leef gemik op Bybelstudiegroepe, Bybelskole en persoonlike stiltetyd.

Details

Publication Date
Aug 27, 2012
Language
Afrikaans
Category
Religion & Spirituality
Copyright
All Rights Reserved - Standard Copyright License
Contributors
By (author): Chris van Wyk

Specifications

Format
EPUB

Ratings & Reviews