Die tequila queen, die Pretoria-prinses, the one and only. Dit is hoe Zani Calitz haarself graag beskryf. Met haar borrelende persoonlikheid voer sy 'n sorgelose bestaan in Pretoria as kelnerin. Zani is verlief op Carlos, maar hy soek net vriendskap. Sy probeer hard om van hom te vergeet deur drankmisbruik, dwelms, kuier, partytjies en harde werk. Dan raak Zani swanger en moet sy 'n groot besluit in haar lewe neem. Zani hervat haar sorgelose, selfgesentreerde lewe, maar dan gryp die Hemelse Vader op 'n drastiese wyse by haar lewe in. Na 'n lang tyd van herstel begin Zani die Here te leer ken, en later raak sy lief vir André. En tog kom die ou, egosentriese Zani terug en poog om nie net haar liefdesverhouding met André te verongeluk nie, maar ook haar verhouding met die Here. Totsiens aan Gister is 'n Christelike liefdesroman gebaseer op die ware verhaal van Edna Cane se lewe, wie se voorheen egosentriese bestaan wonderbaarlik deur die Hemelse Vader se groot genade... More > omgekeer is.< Less