"eentonig" is sterk beïnvloed deur argitektoniese, stedelike, tegnologiese en geografiese verskynsels en die invloed hiervan op sosiale en psigologiese toestande. Daar is dus 'n sterk verwantskap tussen die klank konstruksies en die kontemporêre industriële landskap. Hierdie idees word gereflekteer in die "eentonig" koffietafelboek. Die boek bevat 'n voorwoord deur Paul Riekert (Battery 9), fotografie deur Louis Minnaar, André van Rensburg en Jean Marais, asook volledige lirieke.