Search Results: ''

Search

×
×
×
×
6 results for ""
Johannes - Lees, luister, leef By Chris van Wyk
eBook (ePub): $3.99
Die evangelie van Johannes fokus op Jesus as die gestuurde Woord van God wat volledig mens geword het. In hoofstuk 1-12 vertel Johannes van Jesus se publieke Joodse bediening met ’n fokus op... More > wondertekens wat sy ware identiteit as die Seun van God openbaar. In Jesus ervaar ons God se genade en waarheid. In hoofstuk 13-20 fokus Johannes op die persoonlike bediening van Jesus aan sy dissipels wat uitmond in sy verheerliking deur sy lyding, kruisdood en opstanding as publieke getuienis aan die wêreld. In Jesus vind ons die model van dissipelskap waarin die liefde - soos God liefhet - die kern van alles is. Die evangelie eindig in hoofstuk 21 met die roerende verhaal van Petrus wat by hernuwing geroep word. Daarmee word die dissipels deur God gestuur om op dieselfde wyse as Jesus sy genade en waarheid aan die wêreld te bring, sodat die wêreld kan glo. Hierdie is die vierde boek in die reeks Lees, Luister, Leef gemik op Bybelstudiegroepe, Bybelskole en persoonlike stiltetyd.< Less
Hebreërs - Lees, Luister, Leef By Chris van Wyk
eBook (ePub): $3.99
Die brief-boodskap aan die Hebreërs word geskrywe aan huisgemeentes in ’n stad in Italië, waarskynlik Rome. Dit is ’n “Boodskap van aansporing” aan ’n diverse... More > groep gelowiges wat onder baie druk verkeer. Met talle aanhalings en voorbeelde uit die skat van die Ou Testament boodskap begrond die skrywer sy boodskap en bemoedig hulle met die evangelie van Jesus. Jesus is God, Hy tree vir hulle in, en Hy het die toekoms van die mensdom in Sy hand. Hulle word opgeroep om te waak daarteen dat geeneen van hulle van die lewende God afvallig word nie. Hulle word opgeroep tot geestelike volwassenheid, om nie langer net te fokus op die eerste beginsels van die geloof in Christus nie, maar die wedloop wat vir hulle voorlê met volharding te hardloop, hul oog gevestig op Jesus die Leidsman en Voleinder van hulle geloof. Hierdie is die sesde boek in die reeks Lees, Luister, Leef gemik op Bybelstudiegroepe, Bybelskole en persoonlike stiltetyd.< Less
Prediker - Lees, luister, leef By Chris van Wyk
eBook (ePub): $2.99
Die Prediker dink na oor die sin van die lewe. Hy sluit aan by die diep soeke in ons na meer, na beter, na die buitengewone. Ons soek daarna in besit, plesier, mag, avontuur, wysheid, kennis, selfs... More > in dwaasheid. Die probleem hiermee sê die Prediker, is dat dit uiteindelik vrugteloos is. Dit kom tot niks. Dit is hebel – niks, nietigheid, ’n rookwalmpie, ’n miswolkie, ’n wasempie – ’n metafoor vir die wese van die menslike toestand. Die Prediker wil ons daarom herinner aan die werklikheid van God, die enigste Een wat regtig sin kan bring aan ons lewens "onder die son". Sy slotsom is dat wanneer die lewe as 'n gawe uit Sy hand geniet word, die lewe begin sin maak. Dan vind die begeerte na meer in God sy vervulling. Die vreugde van die reis self, en die genot van die oomblik as sodanig, is reeds die gawe van God, nie eers die blywende waarde of uiteindelike betekenis daarvan nie. Hierdie is die eerste boek in die reeks Lees, Luister, Leef gemik op Bybelstudiegroepe, Bybelskole en persoonlike stiltetyd.< Less
Hooglied - Lees, luister, leef By Chris van Wyk
eBook (ePub): $2.99
Hooglied se liefdesgedigte belig verskeie kante van die liefde, die passievolle plesier in mekaar se geselskap, die wedersydse geborgenheid by mekaar, en die genot van seksuele eenwording binne die... More > veilige ruimte van die familie en die huwelik. Hooglied besing nie net die hoogtepunte van die seksuele liefde nie, maar vertel ook van die teleurstellings en verwyderings, selfs die ongelykheid wat daar in die proses van seksuele vervulling kan ontstaan. Dit is die essensie van die wysheid van Hooglied, dat die liefde in al sy dimensies beskrywe word, om te dien as motivering vir ‘n interafhanklike, wedersydse ontvanklikheid vir en ontwikkeling van die seksuele liefdesverhouding tussen die man en vrou. So leer 'n mens dat liefhê ‘n kuns is wat nie net op onderlinge aantrekkingskrag gebaseer kan word nie, maar ook ‘n emosionele volwasse wording van die verhouding moet insluit. Hierdie is die derde boek in die reeks Lees, Luister, Leef gemik op Bybelstudiegroepe, Bybelskole en persoonlike stiltetyd.< Less
Spreuke - Lees, luister, leef By Chris van Wyk
eBook (ePub): $4.99
Spreuke leer ons dat daar ’n regte pad is om op te loop en ’n verkeerde een. Deur tien lewenslesse en meer as vyfhonderd en sestig spreuke leer die boek ’n mens om hierdie wyse pad... More > in die praktyk van die lewe te onderskei en daarvolgens te begin lewe. Dit leer jou ook om die dwase afdraaipaaie te vermy, opgesom as: easy money, easy sex en easy power. Wysheid begin by die eerste beginsel van die geestelike lewe, die ontsag vir God. Dit word prakties geïllustreer in die voorbeeld van rolmodelle wat nagevolg moet word. Daarmee leer Spreuke jou die geheim van die lewe voor God ken en inspireer jou om deurleefde oortuigings in die lewe te ontdek en jou eie te maak. Met vele stories, beelde, waarhede en slim slagspreuke leer jy só om ‘n ekspert in die lewe te word. Wysheid word daardeur jou metgesel en laat jou met takt en oorleg in die teenwoordigheid van God self leef. Hierdie is die tweede boek in die reeks Lees, Luister, Leef gemik op Bybelstudiegroepe, Bybelskole en persoonlike stiltetyd.< Less
Jesaja - Lees, luister, leef By Chris van Wyk
eBook (ePub): $9.99
Die profeet Jesaja tree in ‘n baie moeilike tyd op. Die wêreldmag van die Assiriërs het Israel en Juda bedreig. Geen wonder dat Agas koalisies probeer vorm het met ander... More > wêreldmoondhede om die volk te probeer beskerm nie. Jesaja verkondig egter dat God vir hulle sal sorg ... as hulle Hom vertrou en nie hulle toevlug neem tot die ander volke nie. Hy waarsku: “Maar ook julle sal nie standhou as julle nie in geloof standhou nie.” Dit bly vandag nog die kern van die boodskap van God aan elkeen wat in Hom glo. Die boodskap troos alle gelowiges wat soos die volk van Jesaja se tyd bedreigings van watter aard ook al ervaar, maak nie saak waar en onder watter omstandighede hulle hul mag bevind nie. Die boek Jesaja konfronteer egter ook diegene wat nie bereid is om te vertrou op die uitkoms wat God vir sy mense belowe nie. Hierdie is die vyfde boek in die reeks Lees, Luister, Leef gemik op Bybelstudiegroepe, Bybelskole en persoonlike stiltetyd.< Less