
Die brief-boodskap aan die Hebreërs word geskrywe aan huisgemeentes in ’n stad in Italië, waarskynlik Rome. Dit is ’n “Boodskap van aansporing” aan ’n diverse groep gelowiges wat onder baie druk verkeer. Met talle aanhalings en voorbeelde uit die skat van die Ou Testament boodskap begrond die skrywer sy boodskap en bemoedig hulle met die evangelie van Jesus. Jesus is God, Hy tree vir hulle in, en Hy het die toekoms van die mensdom in Sy hand. Hulle word opgeroep om te waak daarteen dat geeneen van hulle van die lewende God afvallig word nie. Hulle word opgeroep tot geestelike volwassenheid, om nie langer net te fokus op die eerste beginsels van die geloof in Christus nie, maar die wedloop wat vir hulle voorlê met volharding te hardloop, hul oog gevestig op Jesus die Leidsman en Voleinder van hulle geloof. Hierdie is die sesde boek in die reeks Lees, Luister, Leef gemik op Bybelstudiegroepe, Bybelskole en persoonlike stiltetyd.
Details
- Publication Date
- Nov 6, 2014
- Language
- Afrikaans
- ISBN
- 9781920634148
- Category
- Religion & Spirituality
- Copyright
- All Rights Reserved - Standard Copyright License
- Contributors
- By (author): Chris van Wyk
Specifications
- Format
- EPUB