Die profeet Jesaja tree in ‘n baie moeilike tyd op. Die wêreldmag van die Assiriërs het Israel en Juda bedreig. Geen wonder dat Agas koalisies probeer vorm het met ander wêreldmoondhede om die volk te probeer beskerm nie. Jesaja verkondig egter dat God vir hulle sal sorg ... as hulle Hom vertrou en nie hulle toevlug neem tot die ander volke nie. Hy waarsku: “Maar ook julle sal nie standhou as julle nie in geloof standhou nie.”
Dit bly vandag nog die kern van die boodskap van God aan elkeen wat in Hom glo. Die boodskap troos alle gelowiges wat soos die volk van Jesaja se tyd bedreigings van watter aard ook al ervaar, maak nie saak waar en onder watter omstandighede hulle hul mag bevind nie. Die boek Jesaja konfronteer egter ook diegene wat nie bereid is om te vertrou op die uitkoms wat God vir sy mense belowe nie. Hierdie is die vyfde boek in die reeks Lees, Luister, Leef gemik op Bybelstudiegroepe, Bybelskole en persoonlike stiltetyd.
Details
- Publication Date
- Feb 20, 2014
- Language
- Afrikaans
- Category
- Religion & Spirituality
- Copyright
- All Rights Reserved - Standard Copyright License
- Contributors
- By (author): Chris van Wyk
Specifications
- Format
- EPUB