"Daar is niks nuuts onder die son nie. Tóg tree daar so dan en wan ‘n stem na vore met ‘n vars perspektief op die alledaagse. Iemand wat dieper kan sien as net die gewone, en dit vir die leser kan vertaal; kan beskryf.
In haar eerste samevatting van gedigte, skets Rona Marx haar wêreld in eg-Afrikaans. Sommige woorde sal die leser byderwets vind, maar ander, amper-vergete woorde is afgestof en blink gepoets en gebruik op ‘n manier wat ons herinner aan die uitdrukkingskrag, die rondheid, die kreatiwiteit, van die Afrikaanse Taal.
Hier sal die leser ‘n spektrum ondervindings en beskrywings vind: liefde, swaarkry, spirituele ontwaking, hartseer, vreugde sonder grense… En elkersdiep getref word deur laag op laag betekenis en beskrywing."
Details
- Publication Date
- Mar 30, 2007
- Language
- Afrikaans
- ISBN
- 9781920169503
- Category
- Poetry
- Copyright
- All Rights Reserved - Standard Copyright License
- Contributors
- By (author): Rona Marx
Specifications
- Pages
- 30
- Binding Type
- Paperback Saddle Stitch
- Interior Color
- Black & White
- Dimensions
- US Trade (6 x 9 in / 152 x 229 mm)